Ons feesterrein op die oewer van die Mooirivier bied samesyn, kos- en kunsvlytstalletjies van uitstaande gehalte en vermaak vir die hele gesin. Veilige en gerieflike parkering naby die terrein is ingesluit, vanaf Hennie Bingle-straat se ingang.
29 September – 3 Oktober
Terrein: 09:00–20:00
Terreinkroeg: 11:00–23:00
Dagkaartjie: R80 (Di & Wo), R120 (Do, Vr & Sa)
Weekkaartjie: R350
Kinders o.12: Gratis
Ook beskikbaar by die Aardklopkantoor by The Roots, of by die ingangshekke. Geen kontant word by die hekke of kantoor aanvaar nie.
Koop kaartjies op Seatme →Daagliks oop, 29 September – 3 Oktober, 09:00–21:00. Toegang by die speelpark se ingang (kontant & kaart).
Geen kinderoppasdiens beskikbaar nie.
Meer as 300 kunsvlytstalletjies en meer as 50 kosstalletjies om by te smul.
Pendel vinnig tussen venues en ondersteun plaaslike diensverskaffers. Sentrale vertrekpunt op die feesterrein.
Koopbewyse: R40, R120, R200, R400 (aanlyn, feeskantoor by The Roots, of vertrekpunt). R20 per rit, enige tyd 29 Sep – 3 Okt. Geen kontant by die bestuurders nie.
Veilige parkering naby die terrein, vanaf Hennie Bingle-straat se ingang.
Geen vuurwapens of diere (behalwe gidshonde) word op die feesterrein toegelaat nie.
Die jongste Aardklop-nuus en -stories, regstreeks vanaf The Gazette. Nuwe artikels verskyn outomaties hier.